Skietstilstand in Nagorno-KarabakhSeptember 21, 2023
Armeense separatiste in Nagorno-Karabakh het ingestem tot ‘n skietstilstand met Azerbeidjan. Volgens die bepalings van die wapenstilstand wat deur ‘n plaaslike Russiese vredesmag bemiddel is, het Karabakh-magte ingestem om hulle weermag te ontbind en hulle wapens te oorhandig. Minstens 32 mense waaronder sewe burgerlikes, is in Nagorno-Karabakh dood en nog 200 gewond toe Azerbeidjan Dinsdag sy nuwe aanval van stapel gestuur het. Die Europese Raad het ‘n beroep gedoen dat die skietstilstand ten volle gerespekteer word en dat etniese Armene in die streek beskerm word.