Lae kiesersopkoms bekommer Verkiesingskommissie
Die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika sê hy is bekommerd oor kiesersopkoms weens ‘n afwaartse neiging voor volgende jaar se verkiesings. Die OVK sê in die plaaslike regeringsverkiesing in 2021 het slegs 46 persent van die geregistreerde kiesers na die stembus gegaan. Die OVK se adjunk-hoofverkiesingsbeampte, Masego Sheburi, het gesê kiesersopvoeding en registrasie-aksies kan help om kiesersdeelname te verhoog.