Britse visums is van Oktober duurderSeptember 21, 2023
JP Breytenbach van Breytenbach Immigrasie-konsultante in Londen, het te kenne gegee dat die Britse regering sy kostes vir visums verhoog het. Volgens Breytenbach tree die nuwe pryse op 4 Oktober in werking en dus, sou ‘n Namibiër belangstel om na die Verenigde Koninkryk te reis, moet aansoeke so vinnig as moontlik gedoen word.