Amerikaners hou repokoers onveranderd

Die Amerikaanse Federale Reserwebank het sy repokoers onveranderd gehou op 5,25 tot 5,5 persent. Die bank se voorsitter Jerome Powell sê hy is op die oomblik onseker of pryse en inflasie gestabiliseer het en die koers sal opgestoot word as die vlakke nie presteer soos hy dit wil hê nie. 

 Die Amerikaanse dollar bly baie sterk maar het Woensdag met ‘n halwe persentasiepunt verswak. Die wisselkoers is tans net onder 19 teen die Amerikaanse geldeenheid. Intussen sal die Suid-Afrikaanse Reserwebank vandag sy repokoers besluit bekend maak.