Pad tussen Tses en Gochas vorder fluksSeptember 20, 2023
Die huidige ontwikkeling van ‘n deel van die pad tussen die afdraaipaaie van Tses en Gochas, wat ongeveer 88 kilometer lank is, is geskeduleer om op 18 Januarie 2024 voltooi te wees. Die Padowerheid se korporatiewe kommunikasiebestuurder, Hileni Fillemon, sê rehabilitasie en konstruksiewerk het op 18 Februarie 2021 begin. Ongeveer 80 persent van die werk aan die roete is voltooi. Sy het bygevoeg dat 68 kilometer van die totale 88 kilometer reeds geseël is. Die projek behels die rehabilitasie, verbreding en versterking van die bestaande pad en bedekking van die padskouers.