Maimane sê visumvereister vir SAOG moet aangepas word

Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, vra vir ‘n hersiening van visumprosesse vir lande van die Suider-Afrika-Ontwikkelingsgemeenskap. Maimane sê hy glo hierdie hersiening kan handel en wettige immigrasie tussen buurlande bevorder, aangesien Suid-Afrika met ses nasies sy grense deel. Hy sê lakse grensbeheer het gelei tot ‘n toename in onwettige migrasie en doeltreffende visumbeoordeling speel ‘n deurslaggewende rol om hierdie uitdaging te kan pak: