Kleinsake in die Kaap kry verdere bystand
Kleinsakeondernemings in Kaapstad kan nou aanmeld om deel te neem aan die Produktiwiteitsdoeltreffendheids-program wat deur die stad befonds word. Die program fokus op ondoeltreffendheid in besighede en stappe om dit te verbeter. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê Produktiwiteit SA gaan na elke besigheid en beoordeel noukeurig verskeie aspekte van die besighede, van hul finansiële rekords tot bedrywighede, en ken hierdeur gebiede uit wat verbeter of verfyn kan word: