DA soek kabinetsministers se prestasie-beoordelingsSeptember 20, 2023
Die DA het ‘n aansoek kragtens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien by die minister in die Presidensie, Maropene Ramokgopa. Die party versoek die vrystelling van die uitslae van prestasie-beoordelings wat tussen April en Julie op kabinetsministers gedoen is. Die woordvoerder van die DA, Zak Mbhele, sê president Cyril Ramaphosa het nie aanspreeklikheid verbeter deur die prestasiebestuurstelsel op uitvoerende vlak nie. Mbhele beklemtoon vorderingsverslae oor die prestasie van ministers moet toeganklik wees vir Suid-Afrikaners: