ActionSA wil antwoorde hê, ‘n jaar na Jagersfontein-ramp
ActionSA in die Vrystaat sê hy het aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie geskryf en gevra vir ‘n opdatering van sy versoek vir ‘n ondersoek na die Jagersfontein-ramp. Dit is 12 maande sedert die uitskotdam by die Jagersfontein-diamantmyn gebars het en drie mense dood en meer as 100 dakloos gelaat is. Nomawethu Sbukwana van ActionSA, sê hulle het verlede jaar in September gevra dat die kommissie menseregteskendings deur die Departement van Minerale Bronne en Energie, Jagersfontein Developments en die Kopanong-munisipaliteit ondersoek: