Sensus: Slaap Sondag waar jy getel wil word

Die statistikus-generaal, Alex Shimuafeni, versoek die publiek om kennis te neem van 24 September, wat op komende Sondag val, aangesien dit aangewys is as die sensusverwysingsaand vir die 2023 Bevolking- en Behuisingsensus. Shimuafeni sê dat die sensusverwysingsaand as die spilpunt vir alle sensusnavrae dien, aangesien almal wat op 24 September in die land oornag, by die telling ingesluit word – ongeag of jy ‘n Namibiër of ‘n buitelander is. Hy beklemtoon dat die doel van die verwysingsaand is om dubbeltelling te voorkom, en moedig Namibiërs aan om te slaap op die plekke waar hulle getel wil word.