Phaahla se optrede lig wenkbroue – DA

Die DA het sy ernstige misnoeë uitgespreek oor die optrede van die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, en beskou dit as ‘n kommerwekkende blik op die toekoms van die Nasionale Gesondheidsversekeringstelsel. Hulle is veral krities oor Phaahla se hantering van ondersoeke na korrupsie in Noordwes en die reaksie op oproepe om die Oos-Kaapse departement van gesondheid onder administrasie te plaas. ʼn Woordvoerder van die DA, Michéle Clarke, sê volgens mediaberigte het die minister na bewering tenderkorrupsie ten bedrae van 1,2 miljard Suid-Afrikaanse probeer toesmeer, iets wat hy ontken: