Pensionaris se kind-verkragtingsaak word uitgestel
Die verhoor van Dirk von Weidts, ‘n pensioenaris, wat daarvan aangekla word dat hy ‘n minderjarige verhandel en verkrag het, is uitgestel. Hy staan saam met Jors Arrie tereg op nege strafregtelike aanklagte in verband met die beweerde verkragting van ‘n 11-jarige meisie tussen Oktober 2020 en Januarie 2021 by Noordoewer. Die staat voer aan dat die verdagte die slagoffer deur misleiding gehuisves en haar seksuele uitgebuit het. Luidens die klagstaat is die slagoffer ook onsedelik aangerand en geslaan. Von Weidts, in ‘n teenaansoek wat Dinsdag in die Windhoekse hoërhof ingedien is, wil hê die staat moet verdere besonderhede verskaf oor die aanklagte teen hom. Die saak is tot 26 September uitgestel.