China en Rusland gesels oor sekuriteit
China se topdiplomaat, Wang Yi, besoek Rusland vir sekerheidsonderhandelings, terwyl Moskou voortgesette ondersteuning soek vir sy oorlog teen Oekraïne. Beijing is ‘n noue bondgenoot van Moskou en word daarvan beskuldig dat hy Rusland indirek tydens die oorlog ondersteun het, maar dit ontken. Die besoek kom na president Vladimir Putin se ontmoeting met Kim Jong Un van Noord-Korea, wat moontlik ‘n wapentransaksie kon opgelewer het. Russiese media sê Wang se reis sal ook dalk die weg baan vir Putin om binnekort ‘n geskiedkundige besoek aan Beijing te bring.