Amptenaar geskors oor vals kwalifikasies
ActionSA is verheug oor die skorsing van ‘n amptenaar van die Stad Ekurhuleni na bewerings dat hy vals kwalifikasies vir sy pos voorgelê het. Die koukusleier van ActionSA in Ekurhuleni, Siyanda Makhubo, sê die party vra nou dat Xolani Nciza afgedank word. Makhubo sê ActionSA het ‘n raadsbesluit versoek om Nciza onmiddellik te skors, maar dit is verhinder deur die EFF-speaker, Nthabiseng Tshivhenga. Makhubo herhaal dat amptenare nie op grond van politieke verbintenis aangestel moet word nie: