Werklose onderwysers in Kavango wil direktoraat se kantore sluit
Werklose onderwysers in die twee Kavango-streke dreig om die Direktoraat van Onderwys se kantore te sluit as hul kwessies nie binne 14 dae aangespreek word nie. David Nekaro, voorsitter van die Werklose Onderwyserskomitee vir beide streke, sê die hoë werkloosheid onder onderwysers word veroorsaak deur swak leierskap. Tagtig persent van onderbemande skole het ook onderwysers wat 70 tot 90 leerders in een klaskamer onderrig. Die komitee eis dat onderhoude vir geadverteerde vakatures afgeskaf word want dit kweek nepotisme, korrupsie en begunstiging. Hulle eis ook dat die ministerie na skofte in onderrigsessies moet terugkeer as gevolg van ‘n gebrek aan klaskamers, soos tydens die COVID-19-pandemie.