Voorvonnis-veriggtinge vir Amerikaners vandag

Kevan Townsend en Marcus Thomas, die twee Amerikaners, wat op 6 September deur regter Christie Liebenberg skuldig bevind aan die  moord en roof van Andre Heckmair in 2011 sal vandag in die hof verskyn vir voorvonnis-verrigtinge. Die twee, wat kort voor 7 Januarie daardie jaar toe Heckmair geskiet is, in Namibië aangekom het, het die verhoor herhaaldelik vertraag met interlokutêre aansoeke en het self gepoog om Liebenberg te kry om te onttrek as regter. Thomas is ook in November 2014 onderstebo teen die draad van die sentrale gevangenis gevind toe hy probeer het om te ontsnap. Thomas is ook skuldig bevind op ‘n ekstra aanklagte van dwarsboming van die gereg na hy gevang is waar hy ‘n notaboek probeer verbrand het in sy sel.