Teenmisdaad-operasies werp vrugte af in Tshwane
Ses verskillende en baie suksesvolle operasies het die afgelope week in Tshwane gelei tot die inhegtenisneming van 968 verdagtes. Hulle is aangekeer vir misdade wat insluit dronkbestuur, die besit en handel in dwelms en diefstal. Die woordvoerder van die polisie, Johan van Dyk, sê 85 mense is ook in hegtenis geneem vir geslagsgeweld: