Sorg vir water in hospitale, sê DA

Die DA in Gauteng sê daar is ‘n dringende behoefte aan waterweerstandsmaatreëls in openbare hospitale in die provinsie. Dit volg nadat die water die naweek by die Rahima Moosa Moeder-en-kind-hospitaal, die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg en die Pholosong-hospitaal aan die Oos-Rand opgedroog het. Water is intussen herstel, maar nog nie by die Pholosong-hospitaal nie. Die DA-lid, Jack Bloom, sê hierdie voortgesette waterkrisis moet dringend aandag kry.