Mynwerkersunie pleit vir beter paaie na dodelike botsing
Die Nasionale Unie van Mynwerkers doen ‘n beroep op die Limpopo-regering om padveiligheidsopgraderings voorop te stel nadat meer as 20 mynwerkers gesterf het in ‘n botsing in Musina. Die Murray- en Roberts-werkers van die Venetia-myn is dood in ‘n botsing reg van voor tussen hulle bus en ‘n vragmotor op die R-5-7-2. Die vakbond eis ‘n deeglike ondersoek en beklemtoon dit is die tweede so ‘n voorval binne ses maande. Die premier, Stanley Mathabatha, het die LUR vir Vervoer en Gemeenskapsveiligheid, Florence Radzilani, opdrag gegee om besonderhede in te samel en toesig te hou oor nodige provinsiale stappe rakende die tragedie.