Maak seker julle fasiliteite is veilig, sê Nampol aan lodge-eienaars

Nampol in die Zambezi-streek doen ‘n beroep op eienaars van toeriste-ondernemings om veiligheidsmaatreëls by hul fasiliteite op te skerp om toenemende voorvalle van diefstal hok te slaan. Inbrake by toeristefasiliteite, veral kampeerplekke en gastehuise, het ‘n groot bekommernis geword aangesien toeriste geteiken word. Adjunk-kommissaris Kaunapawa Shikwambi, die hoof van openbare betrekkinge in die veiligheid- en sekuriteitsministerie, het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.