Kwesbares ontvang hulp in Kaapstad, plan uitgerol

Die Stad Kaapstad stel vandeesmaand sy veldtog vir die ondersteuning van hulpbehoewendes bekend om huishoudings waar die inkomste 7 500 Suid-Afrikaanse rand of minder is, te help. Hierdie huishoudings kan baat by die afskryf van skuld as hulle nog nie die eenmalige afskrywing ontvang het nie, hulle kan toegang kry tot gratis basiese dienste en kwalifiseer vir ‘n 100 persent afslag op hul eiendomsbelasting. Die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Siseko Mbandezi, sê hulle het sowat 4,3-miljard rand toegewys om hulpbehoewendes en pensionarisse met belasting en dienste te help: