Klimaat-betogers ruk op na VN in Manhattan
Duisende betogers het Klimaat-week afgeskop en opgeruk na die strate van Midtown, Manhattan, voor die VN se Algemene Vergadering hierdie week. Hulle het ‘n beroep op president Joe Biden en wêreldleiers gedoen om die gebruik van fossielbrandstof te beëindig. Die betogings vorm deel van ‘n weeklange internasionale poging deur Climate Group, ‘n nie-winsgewende organisasie wat ten doel het om klimaatsverandering aan te dryf en aardverwarming te stuit. Meer as 500 betogings word in 54 lande beplan, insluitend in die VSA, Duitsland, Engeland, Suid-Korea en Indië.