Kalifornië dagvaar olie-reuse
Die staat Kalifornië het groot oliemaatskappye, insluitend Exxon Mobil, Shell en Chevron, gedagvaar en beskuldig hulle dat hulle die gevare van fossielbrandstowwe afmaak. Die hofsaak in San Francisco, wat ook BP en Conoco Phillips betrek, voer aan die energiereuse se optrede het miljarde dollars se skade aangerig en beskuldig hulle dat hulle die publiek om die bos lei. Daar word berig Kalifornië het die skepping van ‘n vergoedingsfonds bepleit wat vir toekomstige skade kan betaal wat deur klimaatverwante rampe veroorsaak word.