Geen aanduiding dat vermiste Michael van die see af weggestap het nie
Die Erongo-polisie sê daar is geen aanduiding dat die vermiste Robby Michael, van die see by Myl 72 weggeloop het nie. Michael, 53, is verlede Sondag, 10 September as vermis aangemeld na hy gaan visvang het. Sy voertuig is in die see gevind, erg beskadig. Daar is talle gerugte oor ‘n jaagtog deur Hentiesbaai se strate Saterdagaand en dat hy beroof is. Daarna is ‘n persoon ondervra wat blykbaar in besit van een van Michael se visstokke gevind is. Die mag sê hy sal enige inligting aan die publiek bekend maak indien daar iets is om te sê. Die ondersoek duur voort.