Derna: Amptelike ondersoek van stapel gestuur

Die hoofaanklaer van Libië stel ondersoek in na die ineenstorting van twee damme in die oostelike hawestad Derna. Dit het ‘n vinnig-bewegende waterstortvloed tot gevolg gehad wat duisende mense se dood veroorsaak het en die stad grootliks verwoes het. Daar word berig plaaslike owerhede, vorige regerings en die toekenning van die damme se onderhoudsbegrotings sal onder die loep kom. Die ondersoek is aangekondig terwyl reddingspanne steeds na liggame soek, ‘n week na Storm Daniël se aanslag op die damme. Volgens ‘n amptenaar is meer as elf-duisend mense dood.