Bouwerk by Kusile is voor skedule
Die Suid-Afrikaanse elektrisiteitsminister Kgosientsho Ramokgopa sê ‘n besluit is in Januarie vanjaar geneem om voort te gaan met die oprigting van tydelike skoorstene by die Kusile-kragstasie weens die verwagte lang vertragings met die herstelwerk aan die permanente skoorstene. Die bouwerk is voor skedule. Ramokgopa sê Kusile se eenheid vyf sou oorspronklik dié maand voltooi gewees het, maar die werk is vertraag en ‘n hersiene projekplan maak daarvoor voorsiening dat dit teen Desember met die netwerk gesinchroniseer sal word: