GOOD wil ook sien dat Posbank waai met SASSA-betalings
Die GOOD-party steun die toenemende oproepe vir ‘n onafhanklike ondersoek na die Posbank-stelsel. Meer as ‘n half-miljoen van die land se kwesbaarste inwoners is deur die staat in die steek gelaat. Ontvangers van maatskaplike toelae kon weens ‘n tegniese glips nie hulle geld van September by kleinhandelaars of kitsbanke trek nie. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê volgens menseregteorganisasies sukkel die Posbank-betaalstelsel met tegniese kwessies sedert hy in November verlede jaar die betalings oorgeneem het: