400 Derna-lyke in grot gevind
’n Maltese reddingspan het honderde lyke op ’n strand in die vloedgeteisterde Libiese stad Derna gevind. Volgens lede van die reddingspan was daar sowat 400 gevind maar die syfer moet nog bevestig word. Malta het ‘n span van 72 reddingswerkers na Libië gestuur na die dodelike oorstromings wat deur storm Daniel veroorsaak is. Van die oorskot is binne ‘n grot op die strand gevind. Daar word beaam die mense is meegesleur toe die damwal op die Wadi Derna-rivier in die nag, sonder enige waarskuwing, ingegee het. Meer as 11 300 mense is dood en duisende is steeds vermis.