VF+ vra Phaahla om versigtig te wees met fondse aan AU vir medisyne
Die Vryheidsfront Plus is skepties oor die regering se gereedheid om ongespesifiseerde fondse aan die Afrika Unie Medisyne-agentskap toe te ken. Die party voer aan die ekonomie is reeds onder geweldige druk, met tekorte aan mediese personeel en hulpbronne in hospitale. Philip van Staden van die VF Plus doen ‘n beroep op die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, om die onsekerhede uit te klaar voordat hy hom, sonder volle koste-openbaarmaking, daartoe verbind en voortgaan met wat Van Staden noem ‘n ondeurdagte verdrag: