Rassie en Ierland: Gaan hy of nie?
Sprake dat die direkteur van SA Rugby, Rassie Erasmus, moontlik na afloop van die Wêreldbeker na Ierland gaan skuif, word deur die voormalige Springbokkaptein Victor Matfield gedeel. Erasmus is glo op ‘n kortlys vir ‘n sleutelrol in Ierse rugby. Vanjaar se Wêreldbekertoernooi is Jacques Nienaber se laaste een as die Bokke se hoofafrigter want hy het reeds ingestem om volgende seisoen na Ierland se voorste span, Leinster, terug te keer. Matfield het sy siening oor Erasmus se toekoms in ‘n episode van The Rugby Pod- potgooi gedeel en sê Nienaber se skuif na Ierland is ‘n sterk aanduiding.