Oorskot word uitdaging in Libië

Die Rooi Kruis en die Wêreldgesondheidsorganisasie sê te midde van die verwoestende lewensverlies weens rampe en konflik, soos die onlangse aardbewing in Marokko en die vloede in Libië, is daar dikwels ongegronde vrees en misverstand oor die dooies. Sommige mense wil vinnig beweeg om liggame te begrawe, soms in massagrafte weens die vrees vir ‘n gesondheidsgevaar. Die organisasies sê die gevolge van swak hantering van die dooies sluit geestelike nood vir familielede in. Hulle voeg by goed bestuurde begrafnisse behels maklik naspeurbare en behoorlik gedokumenteerde individuele grafte in afgebakende begraafplase.