Mbumba spreek G77-beraad in Havana toe

Die G77 plus China-beraad is tans aan die gang in Havana, Kuba. Adjunkpresident Nangolo Mbumba lei die Namibiese afvaardiging terwyl President Hage Geingob, wat tans in Frankryk is, na New York reis vir die 78ste sessie van VN se Algemene Vergadering. Die G77 is die grootste groepering van nasies ter wêreld en is gestig om die belange van die globale suide te balanseer met die van die noordelike halfrond. Mbumba het die beraad toegespreek en die belangrikheid van die groep se eenheid beklemtoon. Daarsonder, meen hy, sal die G77 nie sy doelwitte bereik nie. Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres het ook by die beraad erken van die VN misluk het om die doelwitte van die globale suide te bevorder en te beskerm. Die beraad het Vrydag begin en loop vandag ten einde.