Konstruksie-sektor se resultate stel teleur

Die konstruksie-sektor bly ‘n swak bydraer tot die land se BBP, nadat swak resultate in Augustus bekendgemaak is. Die aantal goedkeurings het met 8 persent van maand tot maand afgeneem, wat ‘n 15.7 persent jaar tot jaar afname verteenwoordig. 2023 het sover gemiddeld die minste goedgekeurde planne aangeteken sedert 2020. Dit dui daarop dat die sektor kontrakteer in Windhoek en Swakopmund. In die jaar tot op hede is 20,6 persent minder projekte goedgekeur in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar, en 3,6 persent minder as in 2020.