Hospitale in Gauteng sukkel met watertoevoer
Die Departement van Gesondheid in Gauteng sê ván sy geriewe, soos die Rahima Moosa Moeder-en-kind-hospitaal, die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg en die Pholosong-hospitaal in Ekurhuleni, ondervind onderbrekings in hul watertoevoer. Dit is weens verskeie uitdagings wat Rand Water en Johannesburg Water tans trotseer. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba sê die Helen Joseph hospitaal en omliggende gebiede het vanaf Woensdag laer waterdruk begin ervaar, weens lae watervlakke in die Dunkeld Reservoir.