Reeva se pa, Barry, sterf op ouderdom van 80
Reeva Steenkamp se pa, Barry is oorlede. Volgens berigte is hy Donderdagaand in sy slaap dood. Steenkamp, 80, was ‘n geruime tyd in swak gesondheid en het ‘n beroerte gehad terwyl Oscar Pistorius tereggestaan het vir Reeva se dood op Valentynsdag in 2013. Op die 10de herdenking van die moord het Barry onthul dat hy Pistorius in die tronk besoek het as deel van ‘n slagoffer-oortreder-dialoogproses. Hy het gesê hy het Pistorius gevra om te erken hy het Reeva doelbewus geskiet. Toe Pistorius by sy weergawe hou dat hy glo hy het op ‘n indringer geskiet, het Barry gesê hy en June kon nie hul vergifnis toestaan nie.