VSA-inflasie op, raak ons direkSeptember 14, 2023

Amerikaanse inflasie is op 3,7 persent vir Augustus gemeet, op van 3,2 persent wat in Julie aangeteken is. Die hoof dryfvere is die hoër brandstofprys sowel as verblyf. Voedselinflasie het ook effe geklim. Die Federale Reserwebank sal die land se rentekoers op 20 September bekend maak met kenners wat sê rentekoerse sal in die nabye toekoms in die VSA hoog bly wat op sy beurt die Amerikaanse dollar versterk. Dit bring plaaslik uitdagings vir invoere en die brandstofpryse, terwyl dit voordelig is vir toerisme en uitvoere.