SIM-kaarte word teen slakkepas geregistreer

Die Kommunikasieregulerings-owerheid raai mense aan wat in Namibië woon om hul SIM-kaarte voor die naderende sperdatum te registreer. Volgens die reguleerder is slegs 795 991 aktiewe SIM-kaarte uit ʼn totaal van 2,7 miljoen geregistreer, met vier maande oor voor die sperdatum. Die owerheid se uitvoerende hoof vir kommunikasie en verbruikersverhoudinge, Katrina Sikeni, sê die slakkepas met die registrasie word veroorsaak deur sommige plaaslike owerhede wat traag is met opstel van registrasiepunte en kliënte wat oor die algemeen hulle voete sleep: