Qantas het wette oortree tydens Covid
Australië se hooggeregshof het beslis dat Qantas Airways die wet oortree het deur 1 700 grondpersoneel af te dank en hulle vroeg in die Covid-pandemie met kontrakteurs te vervang. Die hof sê Qantas het kommersiële redes vir sy optrede in 2020 gehad maar het nywerheidswetgewing verbreek omdat hy gepoog het om sy werknemers se regte om deel te neem aan nywerheidsoptrede en om kollektief te beding bemoeilik het.