Omvang van informele sektor onder die loep by arbeid
Die arbeidsministerie hou vandag en môre ‘n werkswinkel oor die omvang en diversiteit van die Namibiese informele sektor. Die sektor is baie groot met die Internasionale Arbeidsorganisasie wat sê dat dit 56 persent van Namibië se werksmag in diens het, terwyl die Dynamic Informal Traders’ Association sê dat die sektor plaaslik met 5 persent jaarliks groei. Die Namibiese Statistieke-agentskap het in 2018 bepaal dat die sektor toe reeds 30 persent van die land se ekonomie bydra. Kosmos het met die arbeidskenner Herbert Jauch oor die stand van sake gesels.