Erfenisterreine word eenvoudig uitgelaat uit toere, duur en vervalleSeptember 13, 2023

Die skerp styging in pryse by erfenisgebiede lok steeds reaksie uit. Die erfenisraad het pryse met 20 persent opgestoot. Die terreine is ook vervalle en opknappingswerk is nie soos beloof gedoen nie. Nathaly Ahrens van die Namibiese Toer en Safari-vereniging sê die terreine word eenvoudig nie meer by toere bygevoeg nie.