Voedsel het 16,5% tot die inflasie-mandjie in Augustus bygedra
Inflasie vir Augustus is op 4,7 persent gemeet, teenoor 4,5 persent in Julie en 7,3 persent in Augustus verlede jaar. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap dra voedselpryse 16,5 persent tot die verbruikersmandjie by. Die agentskap sê vergeleke met verlede jaar Julie is groente op met 16,9 persent terwyl vis 16,2 persent duurder is. Vleis jaag jou 8,4 persent uit die sak uit met brood en grane wat 11,6 persent duurder is. Vrugte is op met 14,2 persent. Suiker en verwante produkte kos 10,9 persent meer met suiwel wat 7,7 persent duurder is. Koffie en tee is 5,1 persent duurder vir die eerste keer in meer as ‘n jaar, het die prys van olies en vette met 6,1 persent gekrimp en is dus goedkoper as in Augustus 2022.