Vaardighede en kapasiteit by plaaslike owerhede onder die loep
Kapasiteit by plaaslike owerhede is reeds jare lank ‘n besprekingspunt met vaardighede wat op die gebied ontbreek. Dit kom voor in ouditverslae, dienslewering en die basiese administrasie en instandhouding. Die kenner in goeie regering en openbare beleid, dr. Marius Kudumo sê die grootste probleem is dat plaaslike owerhede verkies word en nie volgens vaardighede aangestel word nie.
Hy sê daar moet minimum vereistes wees voor iemand verkiesbaar gestel kan word.