Skaapverkryging op Mariental, Ling gesels Vrydag met produsente

Na aanleiding van die brief deur Hartlief se besturende direkteur Günther Ling, wat ‘n tydelike uitstel van skaapverkryging vir internasionale uitvoere by Farmers Meat naby Mariental aangekondig het, sal die produsente in Mariental toegespreek word. Die Namibiese Landbou-unie het Ling gevra om meer inligting te verskaf. In sy brief het Ling gesê is daar ‘n opkomende oudit en voorbereiding wat gedoen moet word om internasionale uitvoere verder uit te brei. Op die oomblik sal verkryging fokus op plaaslike en streeksmarkte om aan die ouditvereistes te voldoen. Hy het bygeveog dat produsente oor die proses vir die volgende maande, tot en met Desember vanjaar, ingelig sal word. Hy sal Vrydag om nege-uur, net voor die Mariental Boereverenging se vergadering, by die Padstalsaal met die boere byeenkom.