Mnangagwa stel seun en broerskind in kabinet aanSeptember 12, 2023

Zimbabwe se president, Emmerson Mnangagwa, het sy seun, die 35-jarige Kudakwashe Mnangagwa in sy kabinet as die adjunkminister van finansies en ekonomiese ontwikkeling aangestel. Kudakwashe, ‘n sogenaamde waagkapitaal-belegger, het dit na die parlement gemaak deur middel van ‘n jeugkwota vir die Midlands-provinsie wat tydens die verkiesing daargestel is. Hy vervang professor Mthuli Ncube in een van die mees kritieke ministeries in die land. Tongai Mnangagwa, ‘n broerskind van die president, is ook ‘n nuwe toetreder, en is as adjunkminister van toerisme aangestel. Mnangagwa sê hy is nie verplig om opposisiewetgewers aan te stel nie omdat hy sê hy nie in die kategorie van mense is wat dit doen, val nie.