Mislukte roof kos sekuriteitswag sy leweSeptember 12, 2023

Daar was volgens die Namibiese polisie Maandagnag om 11-uur ‘n gewapende roof by Groot Winkel in Onafhanklikheidsrylaan in Katutura. ‘n Onbekende hoeveelheid gewapende mans het gepoog om die vulstasie-winkel te beroof. Dit het misluk maar die sekurteitswag is van sy selfoon beroof en is vyf keer geskiet. Hy het beswyk aan sy wonde. Die polisie het ‘n saak van moord, en roof met verswarende omstandighede, geopen. Daar is geen verdagtes nie en die ondersoek duur voort.