Menseregtevergrype duur voort in Mianmar

Die Verenigde Nasies se menseregteraad sê die voorkoms en intensiteit van oorlogsmisdade in Mianmar het die afgelope maande toegeneem. Duisende mense is in die land vermoor sedert die junta in 2021 die mag tydens ‘n staatsgreep oorgeneem het. Die hoof van die VN se onafhanklike ondersoekmeganisme vir Mianmar, Nicholas Koumjian, sê hulle veroordeel alle menseregteskendings en vergrype in Mianmar. Hulle doen ‘n beroep dat die grusame aanvalle op burgerlikes, insluitend die Rohingya, onmiddellik gestaak word: