Lombaard-broers verskyn vandag op Gobabis

Die twee Lombaard-broers, Johan en Kobus, sal saam met Rudy Kotze vandag in die Gobabis-landdroshof verskyn. Kosmos 94.1 Nuus het berig oor hulle arrestasie op 30 Augustus op die pad tussen Stampriet en Gochas. Hulle is deur ‘n mobiele padblokkade afgetrek terwyl hulle wildebeeste vervoer het sonder die nodige permitte. Die diere is skynbaar by Kotze se plaas gevang. Die twee eienaars van Golden Game CC by Mariental is sedert Dinsdag verlede week in aanhouding op Leonardville maar hulle saak is na Gobabis verskuif.