Franse polisie soek na verkragters WêreldbekerSeptember 12, 2023
Die Franse polisie is op soek na drie mans wat na bewering ‘n Ierse vrou verkrag het wat die Wêreldbeker-rugbytoernooi in die land bywoon. Die voorval het glo Saterdagaand in Bordeaux plaasgevind. ’n Groep Walliese ondersteuners het op die vrou afgekom en haar na haar blyplek vergesel. Sky News berig die Ierse polisie is in verbinding met Franse owerhede, wat die saak ondersoek. Sowat 600-duisend rugby-ondersteuners uit die buiteland sal na verwagting die toernooi bywoon tot die 28ste van volgende maand.