eWallet: FNB se stelsels is veilig
FNB sê sy stelsels is veilig. Dit kom na talle slenters in verband met die bank se eWallet-diens. Volgens Tracy Eagles, hoof van kommunikasie by die bank, gee mense hulle besonderhede op een of ander manier aan ander en so word dit moontlik dat die sogenaamde PIN-nommers bekom kan word. Daar is volgens die bank, ongeveer 600 000 Namibiese dollar in 788 transaksies sedert Augustus verlede jaar verlore. Slenters met bankwese is algemeen en bedrieërs raak slimmer om inligting te bekom. Eenmalige PIN-nommers moet nooit gedeel word nie en die bank het weer beklemtoon hy sal nooit die inligting aanvra nie.