Durban se rioolpompstasies se herstel vorder goed

Die burgemeester van eThekwini, Mxolisi Kaunda, is tevrede met die vordering wat gemaak is met die herstel van die infrastruktuur wat tydens verlede jaar se oorstromings beskadig is. Hy het die pompstasies by Warner-strand en Kingsway besoek om hom te vergewis van die herstelwerk aan die rioolpompstasies in aanloop tot die Kersseisoen. Kaunda sê die ou pompstasies wat tydens die oorstromings beskadig is, het aansienlik bygedra tot die besoedeling wat op die meeste strande suid van Durban ondervind is: